Woordtrofees 2026 Wenners

Die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees was een vir die boeke met en ‘n rits puik produksies. Die wenners van die Woordtrofees-toekennings is Maandagaand 2 November tydens ’n geleentheid by die Adam Small-teaterkompleks in Stellenbosch bekroon.

2026 Wenners

Beste produksie: drama

FaustX

Beste produksie: komedie

Elke briljante ding

Beste regisseur

Brett Bailey (FaustX)

Beste speler: vroulik

Anna-Mart van der Merwe (Atropa)

Beste speler: manlik

David Viviers (MOFFIE)

Beste ensemble

Atropa

Beste byspeler: vroulik

Nicole Holm (CRYBABY)

Beste byspeler: manlik

Joshwin Dyson (My kind druip)

Beste teks (nuutgeskrewe of verwerking)

Markus (en die brandblusser op die derde verdieping): Vihann van Rooyen

Beste opkomende kunstenaar: Kontemporêre musiek, Dans, Spier Toneel, Klassieke musiek

  • Sibabalwe Gobe-Gysman (Siba Gysman Project): Kontemporêre musiek
  • Kristi Steyn (As die mooi aan ons haak): Kontemporêre musiek
  • Mila Sobolewski (Glimpse): Dans
  • Vihann van Rooyen (Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)): Spier Toneel
  • Melusi Shandu (Mozart to Verdi: Two Faces of Opera): Klassieke musiek

Martie Retief Meiring-prys

Albert Pretorius (Elke briljante ding en Ek is nie Danie)

Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant):

Dianne Albertze

WOW-opvoeder van die jaar

Jacqueline Jephta (St. Idas Primêre Skool)

WOW-skool van die jaar

Hawston Sekondêr

Uitsonderlike tegniese bydrae

Charl-Johan Lingenfelder (klankbydrae: MOFFIE; An Iliad; Twee siele, een omhelsing; ge-gebergtes)

Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: klein groepe

Karin Hougaard: Kaalvoet (Karin Hougaard, met Luke van der Merwe en Leon Ecroignard)

Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: groter groepe

Prima! (Dean Balie en Bianca Flanders, met Ramon Alexander en die US-blaasorkes)

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: instrumentaal

Shades of Blue (Liesl Stoltz, Dylan Tabisher, David Cyster, Langa Dubazana, Elna van der Merwe)

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: vokaal

An Italian Songbook (EuiHyun Park, Pieter Grobler, Suzanne Martens, Salon Music-strykorkes)

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: innovasie

Juliet String Quartet: Playlist (Annien Shaw, Matthew Campbell-Stead, Azra Isaacs, Babette Roosenschoon)

Rudolf Gouws-prys: Reisvaardige klassieke musiekproduksie

Cellissimo: KFO-tjellosekstet (Peter Martens, Eddie McLean, Rosamund Roth, Matthias Remley-Ender, Dane Coetzee, Ashlin Grobbelaar)

Beste dans-gedrewe produksie

Twee siele, een omhelsing (Shaun Oelf, Ramsey Devin Lewis, Craig Katts, met regie: Ina Wichterich)

Beste kinderteaterproduksie

Liewe Heksie word gescam (Eldon van der Merwe, Mia van der Merwe, met regie: Margit Meyer-Rödenbeck)

EasyEquities Skrywersfees-boekpryse

Topverkoper: Fiksie (Etienne van Heerden: Diereriem)

Topverkoper: Niefiksie (Frans de Villiers: Die Geskiedenis van Braaibroodjies)

Topverkoper: Leefstyl (Louis Jansen van Vuuren: Biltong en Dior)

Topverkoper: Poësie (Danie Marais: Ek is nie Danie)

In verbondenheid-prys

Ramon Alexander en Vicky Davis (Jazz at the Conserve)

Fees-begeester

Lise van Schoor

Beoordelaarspaneel

Die sameroeper van vanjaar se beoordelaars was Mareli Pretorius bygestaan deur die beoordelaars vir Spier Toneel, Jurgen McEwan, Ira Blanckenberg, Henriëtta (Gryffenberg) Plattner, Malan Steyn, Ivan Abrahams. Kontemporêre musiek is beoordeel deur Anna Davel, Paula Fourie, Liela Groenewald, Gustav Franzsen, Niël Rademan, Wendy Joy Crowley. Die Klassieke musiek beoordelaars was Maryke Lintvelt, Arthur Feder, Zenobia Kloppers en dans is beoordeel deur Ananda Fuchs, Mmatumisang Motsisi.

Volgende Woordfees

Die 27ste Toyota Stellenbosch Woordfees vind van 2 tot 10 Oktober 2027 in Stellenbosch plaas. Hou die fees se webwerf woordfees.co.za, sosiale media en nuusbrief dop vir aankondigings.