Opwinding loop hoog rondom die Toyota Stellenbosch Woordfees wat 11 tot 19 Oktober die dorp gaan laat vibreer met meer as 400 produksies, kuns, gesprekke, partytjies, konserte en geleenthede. Ons deel van die hoogtepunte.

Vir dié wat hou van grense verskuif bring Karen Zoid se Zoid Psalms rockkitare en kerkorrel in gesprek met mekaar binne die Kruiskerk, en die eindproduk –  ’n rock ‘n roll-show “met ’n sagte hart”. Bertus Basson se Speelkamersessies verskaf ’n meesterlike vertoning waar smaak en stories in die Eike-restaurant ontmoet. Die EasyEquities Skrywersfees sluit aan by die aanvanklike Woordfees se Nag van passie in 2000 en sluit hoogtepunte in soos die bespreking van Antjie Krog se nuwe roman Binnerym van bloed en ’n skrywerspartytjie ’n Aand van passie waar ons terugkyk oor 25 jaar en die glas lig op die skrywers en hul woorde.

Speelkamersessies met Bertus Basson bied  kookdemonstrasie in sy hoogaangeskrewe Eike-restaurant.

Die Toyota Musiekfees-opelugkonserte in die Jan Marais-natuurreservaat nooi jou uit om onder die sterre te dans met kunstenaars soos die Soweto String Quartet tot Mandisi Dyantyis, Early B en Will Linley wat vir seker sal sorg vir jolige atmosfeer. Bring jou piekniekmandjie, kampstoele en maak gereed vir ’n onvergeetlike partytjieatmosfeer en gehaltemusiek. Klavier-extravaganza II bring weer tien klaviere, 200 vingers en die Standard Bank Endler by die Universiteit Stellenbosch se orrel saam in ’n meesleurende musiekviering.

Die Veldhospitaal is ’n ervaring, ’n avontuur na die binnewêreld. 

Die Veldhospitaal is ’n opwindende hoogtepunt vir visuele-kuns-entoesiaste. Hierdie produksie speel af by die Libertas-plaas en is ’n smeltkroes van kunstenaars wat met kuns, musiek, vertonings en uitvoerings die kyker gaan bekoor en begogel in ’n nuwe baanbrekerfeeskonsep. Visuele kuns was nog altyd een van die Toyota Stellenbosch Woordfees se swaartepunte en vanjaar kan jy verwag om deur  byna 90 kunstenaars en ’n Strauss & Co-veiling nie net kuns te besigtig nie, maar ook te beleef.

Boklied is die digter Breyten Breytenbach se opspraakwekkende eerste drama.

Teatergangers kan uitsien na debuutproduksies en klassieke tekste by die Spier Toneelfees met produksies soos Boesman en Lena, Boklied, Huis van sand, The Fugue of Tjebolang en Bridling

Die Woordfees is van 11 tot 19 Oktober, kaartjies by Quicket. Klik hier vir die volledige program.