fbpx

Vrolike versebundel vir pikkies en peuters

Kom luister op Saterdag, 5 Desember in die Protea Boekwinkel op Stellenbosch hoe gesels Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit oor die splinternuwe versebundel Rympies vir pikkies en peuters.

PikkiesPeutersCaseFinal

Die meeste versebundels vir kinders is gemik op skoolgaande kinders, maar hierdie pragtig geïllustreerde bundel fokus op kinders van een tot drie jaar oud. Dis volgens opvoedkundige vereistes saamgestel deur Kotzé-Myburgh, Smit en die bekende skrywer Riana Scheepers. Buiten dat dit vrolik en prettig is, stimuleer die vaste ritme. metrum en rympatroon van die rympies die kind se geheue. Wyn sal bedien word en versebundels sal te koop wees.

Waar: Protea Boekwinkel, Bergzicht Plaza, Andringastraat, Stellenbosch

Tyd: 11:00 tot 12:00

RSVP@nb.co.za / 021 406 3477