fbpx

PRG: Louere – maar nie om op te rus nie

Paul RoosPAUL ROOS. ’n Legende. ’n Uitsonderlike leier – in diens van sy gemeenskap en van die toekoms. Dit was waar van die man. Dit is steeds waar van die skool wat in 1940 sy naam gekry het.Die gedenkjaar van Paul Roos Gimnasium is ook rede tot viering vir die hele Stellenbosch. Die nalatenskappe van oud-Paul Roosers is immers oral op die dorp te sien, hoewel min daarvan kom by dié van Jannie Marais, eertydse delwer wat fi- lantroop sonder weerga geword het. Mede deur sy toedoen kon die Universiteit Stellenbosch tot stand kom, het Afrikaans akademiese vastrapplek gekry, die dorp ’n natuurtuin en ’n stadsaal ryker ge- word en vind mense en instellings steeds baat by die Jan Marais Fondse. Só is ’n tradisie van ’n oop hand vir die gemeenskap geskep, iets wat deur ’n nuwe geslag weldoeners nagevolg word.Vandag is Stellenbosch ’n groot dorp waar nog groter geld ge- setel is. Internasionale aansien het ook nie uitgebly nie. Blaai maar net om en kyk na die galery van ‘huidige helde’, die bekende gesigte van oud-Paul Roosers wie se invloed tot ver anderkant die landsgrense strek.

Paul Roos Gimnasium kon maar net nóg ’n baie goeie skool gewees het.  Dit het iets veel meer geword van die dag in 1910 toe die jong Paul Roos as rektor by die Hoër Jongenskool, soos dit toe geheet het, ingestap het. Rugbyheld. Kaptein van die heel eerste Springbok- span. Opvoeder. Latynonderwyser ook vir nog minstens drie dekades. Rolmodel vir geslag op geslag van skoolseuns sowel as hul leermeesters.

Latyn en rugby. Ja, al twee kón saam. Dit het hy hulle geleer en dit is tot vandag toe waar van die skool. Elke talent word hier geslyp. Die skool mag tot op hede 140 internasionale sportsterre opgelewer het – maar so ook drie eerste ministers so uiteenlopend soos Jan Smuts, DF Malan en JBM Hertzog. En daarby so ’n onafhanklike kritiese gees soos Anton Lubowski, wenner van die Bruno Kreisky-toekenning vir menseregtewerk.

Tog bly sport steeds ’n gebied waarop Paul Roos Gimnasium uit- blink. Ook hierdie tradisie kom van die grondlegging van die dorp af. Van die tyd toe Simon van der Stel die burgers laat ‘papegaai’ skiet het. (Kastig vir die pret, maar eintlik ter wille van skutvaardigheid.) Jare lank die uitblinkerskool in gevestigde sportsoorte soos rugby, krieket en atletiek, het die skool mettertyd sterre opgelewer in sportsoorte soos sokker, gholf, vlieghengel, vlieërplank en waterpolo. Selfs in nogal ongewones soos skopboks, visskiet en ysskaats.

Olimpiese deelnemers. Internasionale mededingers. Spring- bokkapteins. Die name van legendes kom meld hulle aan. Waar vat jy, waar los jy? Meer as 50 rugby-Springbokke tot op hede en legendes soos Japie Krige, Phil Mostert, Tjol Lategan. Die onnabootsbare Oubaas Markötter. Krieketkaptein Peter van der Merwe. Atletiekheld Snaar Vil- joen wat op die Olimpiese Spele van 1928 Suid-Afrika verteenwoordig het in hekkies, naelloop, verspring, driesprong en tienkamp en van als ’n grap kon maak.

 

Nog PRG Alumni

Gedenkboek

By geleentheid van die skool se 150ste verjaardag word ’n pragtige gedenkboek gepubliseer wat op 20 April bekendgestel word. Hierdie boek wys daar is skaars ’n terrein waarop oud-Paul Roosers hulle nie reeds laat geld het nie. In hoofstuk na hoofstuk kom name voor van die land se voorste akademici, regsgeleerdes, medici, teoloë, nywe- raars, ondernemers, bankiers, sakemanne, wetenskaplikes, wynboere, redakteurs, skrywers, sangers, akteurs. Die lys is eindeloos.

Baie van hierdie oudleerlinge was baanbrekers wat Suid-Afrika met hul kennis en leierskap verryk het.  Oor die rol wat oud-Paul Roosers gespeel het in die ontwikkeling van die land, kon die huidige rektor, Jannie van der Westhuizen, tereg skryf: “Paul Roos Gimnasium kan met reg as ’n nasionale bate beskou word.” Die briljante dr. Stefan Meiring Naudé, sinoniem met die WNNR, was waarskynlik die groot- ste wetenskaplike wat Paul Roos Gimnasium opgelewer het. Hy is met eerbewyse oorlaai – maar nie een so besonders soos dit wat dorpsdok- ter Pieter le Fras Nortier ontvang het toe daar vir hom ’n museum in Kleurryk. Eksentriek, soms. Dit was Paul Roos self en dit is baie van die oud-Paul Roosers wat bygedra het tot Stellenbosch se eie karnaval van onvergeetlike karakters … Maleisië opgerig is ter ere van sy aandeel in die vestiging van rooibos- tee nie.

Veral indrukwekkend is dié wat, soos Paul Roos, hul stempel op ver- skeie terreine afgedruk het. Dis nou mense van die kaliber van prof. Gawie Cillié wat wiskundeprofessor, astrofisikus, komponis, koorleier en kerkmusiekkenner was.

Paul Roos Gimnasium se oudleerlinge is bekend daarvoor dat hulle nie op uitgetrapte paadjies loop nie. Uys Krige was digter, skrywer, swer- wer, oorlogskorrespondent, ontsnapte krygsgevangene. In makker tye het mediese professor Brooke Heywood om die wêreld gaan vaar in ’n seiljag wat hy self gebou het.

Net so is daar op die skool plek vir ’n groot verskeidenheid talente. Hulde aan komponiste soos Arnold van Wyk en Stephen Eyssen, en pianiste soos wonderkind Steven de Groote, darem ook nie te vergeet van oom Pietie Roux van boeremusiekfaam en van vandag se rockers nie. Kunstenaar George Enslin was in die Tate, TO Honiball in Die Burger. Vandag nog staan ’n Hertzogpryswenner saam met die Voëlvry- sanger en skrywer saam op een foto. Vir argitek Hannes Meiring was die bewaring van historiese geboue belangrik; ander weer bring as on- dernemers die tegnologiese toekoms dorp toe. Nie een sluit die ander uit nie.

Dit vra ’n skool van formaat om in so ’n gedenkboek nie in spogtery te verval nie. En dit is miskien juis wat Paul Roos Gimnasium so spesiaal maak: Trots gemeng met ’n eiesoortige selfspot. Binne ’n gemeenskap wat dit verstaan.

Kleurryk. Eksentriek, soms. Dit was Paul Roos self en dit is baie van die oud-Paul Roosers wat bygedra het tot Stellenbosch se eie karnaval van onvergeetlike karakters – daar uit die tyd van die kunssinnige dr. Jo- hannes Henoch Neethling (matriek 1876) wat sy pasiënte swierig met treppie en koetsier besoek het.

Maar ’n grootse verlede bring jou nie ver nie. Akademiese uitne- mendheid kom nie vanself nie en om dit in die toekoms te verseker is daar reeds ’n fonds gestig met die doel om R150 miljoen in te samel. Miskien nie genoeg vir die volgende 150 jaar nie, maar darem ’n begin.