Schalk Bezuidenhout by die Drostdy Teater

Die krulkop-komediant met sy truitjies en skerp tong keer vanjaar terug met sy nuwe solovertoning, Voksbesit. Of hy nou besig is om meisies op Die kliek te lei na romantiese uitstappies, die geliefde Danny vertolk in Hotel of vlymskerp waarnemings deel in Jou nuusminuut, een ding is `n feit: Schalk Bezuidenhout laat mense skaterlag. Kom kyk hoe hy die draak steek met homself, onsself en al wat heilige koei is na die slagpale lei. Bespreek gou, die kaartjies gaan vlieg nog voor jy kan se: “My goeie voksbesit!”

 

22 Oktober 2017  | 20:15 | Drostdy Teater | R120

Vir meer inligting gaan na http://www.drostdyteater.co.za/vertonings